Jeremia 47 - Die Bybel 2020-vertaling

Profesieë oor die Filistyne

1Die woord van die Here wat tot Jeremia, die profeet, gekom het oor die Filistyne, voordat die farao Gasa verslaan het.

2So sê die Here:

“Kyk, water gaan styg uit die noorde,

en dit gaan 'n spruit in vloed word.

Dit sal die land en alles daarop

oorstroom,

stede en die inwoners daarin.

Mense sal om hulp roep;

al die inwoners van die land

sal huil

3oor die stampgeluid

van sy hingste se hoewe,

oor die gedruis van sy strydwaens,

oor die gedreun van hulle wiele

– ouers draai nie om na kinders nie,

omdat hulle hande slap hang –

4oor die dag wat kom

om al die Filistyne te verdelg,

om elke helper van Tirus en Sidon

wat oorgebly het, uit te roei.”

Ja, die Here verdelg die Filistyne,

die oorblyfsel van die eiland Kaftor.

5'n Kaalgeskeerde plek verskyn

op die kop van Gasa;

Askelon is vernietig.

Oorblyfsel van hulle vlakte,

hoe lank nog gaan jy jou

stukkend kerf?

6Helaas! Swaard van die Here,

hoe lank nog sal jy nie rus hê nie?

Keer terug na jou skede;

kom tot rus en wees stil!

7Hoe kan hy dan rus hê?

Die Here het hom 'n opdrag gegee

teen Askelon en die kusstreek.

Daar het Hy hom aangestel.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help