Matteus 1 - Die Bybel 2020-vertaling

Geslagsregister van Jesus(Luk 3:23-38)

1Die geslagsregister van Jesus Christus, die •Seun van Dawid, die Seun van Abraham:

2 Abraham het Isak verwek,

Isak het Jakob verwek,

Jakob het Juda en sy broers verwek,

3 Juda het Peres en Serag by Tamar verwek,

Peres het Gesron verwek,

Gesron het Ram verwek,

4 Ram het Amminadab verwek,

Amminadab het Nagson verwek,

Nagson het Salmon verwek,

5Salmon het Boas by Ragab verwek,

Boas het Obed by Rut verwek,

Obed het Isai verwek

6en Isai het Dawid, die koning, verwek.

Dawid het Salomo by die vrou

van Urija verwek,

7 Salomo het Rehabeam verwek,

Rehabeam het Abia verwek,

Abia het Asa verwek,

8Asa het Josafat verwek,

Josafat het Joram verwek,

Joram het Ussia verwek,

9Ussia het Jotam verwek,

Jotam het Agas verwek,

Agas het Hiskia verwek,

10Hiskia het Manasse verwek,

Manasse het Amon verwek,

Amon het Josia verwek

11en in die tyd van die wegvoering na Babilon

het Josia Jojagin en sy broers verwek.

12Ná die wegvoering na Babilon

het Jojagin Sealtiël verwek,

Sealtiël het Serubbabel verwek,

13Serubbabel het Abihud verwek,

Abihud het Eljakim verwek,

Eljakim het Asor verwek,

14Asor het Sadok verwek,

Sadok het Agim verwek,

Agim het Elihud verwek,

15Elihud het Eleasar verwek,

Eleasar het Mattan verwek,

Mattan het Jakob verwek

16en Jakob het Josef verwek,

die man van Maria,

uit wie Jesus, wat bekend staan

as Christus, gebore is.

17Al die geslagte dan van Abraham

tot by Dawid

was veertien geslagte,

en van Dawid

tot by die wegvoering

na Babilon

veertien geslagte,

en van die wegvoering na Babilon

tot by die Christus

veertien geslagte.

Geboorte van Jesus Christus(Luk 2:1-7)

18Die geboorte van Jesus Christus het só gebeur. Toe Maria, sy moeder, reeds aan Josef verloof was, maar nog voordat hulle gemeenskap gehad het, het dit geblyk dat sy swanger geraak het uit die Heilige Gees.

19Omdat Josef, haar man, wetsgetrou was maar haar nie in die openbaar wou verneder nie, het hy besluit om in die geheim van haar te skei.

20Terwyl hy daaroor nagedink het, het daar skielik 'n engel van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef, seun van Dawid, moenie bang wees om Maria as jou vrou by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees.

21Sy sal geboorte gee aan 'n seun, en jy moet Hom Jesus noem, want Hy sal sy volk van hulle sondes verlos. ”

22Dit het alles gebeur sodat wat die Here deur die profeet gesê het, vervul kon word:

23“Kyk, die maagd sal swanger word

en 'n seun in die wêreld bring,

en hulle sal Hom Immanuel noem” –

wat, as dit vertaal word, beteken ‘God is met ons.’

24Toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het en haar as sy vrou by hom geneem.

25Hy het nie met haar gemeenskap gehad totdat sy aan 'n seun geboorte gegee het nie. En hy het Hom Jesus genoem.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help