Ester 10 - Die Bybel 2020-vertaling

Verering van Mordegai

1 Koning Ahasveros het belasting ingestel in die hele land en die eilande van die see.

2 Is al sy groot en magtige dade, tesame met 'n noukeurige verslag van die grootheid van Mordegai wat deur die koning vereer is, nie opgeteken in die boekrol met die kronieke van die konings van Medië en Persië nie?

3 Want Mordegai, die Jood, was tweede in bevel onder koning Ahasveros, hoog in aansien onder die Jode en gewild onder baie van sy volksgenote. Hy het hom beywer vir die welvaart van sy volk en ingetree vir die voorspoed van sy hele nageslag.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help