Hosea 3 - Die Bybel 2020-vertaling

Nuwe opdrag van die Here

1 Die Here het vir my gesê:

“Gaan weer, gaan bemin 'n vrou

wat bemin word deur 'n vriend,

en wat egbreuk pleeg;

soos die Here die Israeliete liefhet,

terwyl hulle na ander gode draai

en van rosynekoeke hou.”

2Ek het haar toe vir my gehuur vir vyftien silwerstukke en 'n gomer en 'n letek gars.

3 Ek het vir haar gesê:

“Vir 'n lang tyd moet jy by my bly.

Jy mag nie hoereer nie,

en jy mag nie aan 'n man behoort nie.

Ek sal ook so teenoor jou optree.”

4Want vir 'n lang tyd sal die Israeliete

sonder 'n koning en •hoë amptenare,

sonder offers en gedenkstene,

sonder efod en huisgode moet bly.

5 Daarna sal die Israeliete terugkeer

en die Here, hulle God, soek,

en Dawid, hulle koning.

Ja, hulle sal bewend na die Here gaan,

en na sy goedheid in die laaste dae.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help