Psalms 95 - Die Bybel 2020-vertaling

1Kom, laat ons voor die Here jubel,

laat ons juig tot eer van die rots

wat ons verlos.

2Laat ons tot Hom nader

met dankliedere,

met lofgesange juig tot sy eer.

3Want die Here is 'n groot God,

'n groot Koning bo al die gode,

4in wie se hand die dieptes

van die aarde is,

en aan wie die kruine

van die berge behoort,

5aan wie die see behoort.

Ja, Hy het dit gemaak,

en die droë grond

met sy hande gevorm.

6Gaan in, laat ons in aanbidding

buig en kniel,

laat ons op ons knieë staan

voor die Here, ons Maker.

7 Want Hy is ons God

en ons is die volk wat Hy laat wei,

die kleinvee van sy hand.

As julle vandag maar net

na sy stem wou luister!

8“Moenie julle harte verhard

soos by Meriba,

soos die dag by Massa

in die woestyn,

9waar julle voorouers My versoek het,

My beproef het,

selfs nadat hulle my dade

gesien het nie.

10Veertig jaar lank het Ek

'n weersin gehad

in daardie groep mense,

en Ek het gesê,

‘'n Volk met harte wat dwaal,

is hulle,

en hulle ken nie my paaie nie –

11 hulle oor wie Ek in my toorn

gesweer het:

“Hulle sal my rusplek

nie binnegaan nie!” ’ ”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help