1Die Here regeer;
Hy is met majesteit beklee.
Die Here beklee Hom,
met krag omgord Hy Hom.
Ja, die wêreld staan vas,
dit wankel nie.
2 U troon staan vas van vroeg af;
U is van ewigheid af.
3Seestrome het hulle verhef, Here,
seestrome het hulle stem verhef,
seestrome verhef hulle golfslag.
4Magtiger as die gedreun
van baie waters,
as die branders van die see,
is die Here, magtig in die hoogte.
5U bepalings is baie betroubaar;
vir u huis is heiligheid gepas, Here,
tot in lengte van dae.
Who We AreWhat We EelieveWhat We Do
2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.