Psalms 29 - Die Bybel 2020-vertaling

1'n Psalm. Van Dawid.

Gee eer aan die Here, godeseuns!

Gee eer aan die Here

vir sy heerlikheid en krag!

2Gee eer aan die Here

vir die heerlikheid van sy Naam!

Buig in aanbidding voor die Here

in sy glansryke heiligheid.

3 Die stem van die Here

is oor die waters,

die God van heerlikheid laat dit dreun,

die Here is bo die magtige waters,

4die stem van die Here is kragtig,

die stem van die Here is glansryk.

5Die stem van die Here breek seders,

die Here versplinter die seders

van die Libanon.

6Hy laat hulle bokspring soos 'n kalf,

Libanon en Sirjon

soos jong buffels.

7Die stem van die Here

splyt rotse met vlamme.

8Die stem van die Here

laat die woestyn bewe,

die Here laat die woestyn

by Kades bewe.

9Die stem van die Here

laat wildsbokke lam,

dit stroop bosse kaal.

Sy hele paleis sê: “Heerlikheid!”

10Die Here troon oor die vloed,

ja, die Here troon as koning vir ewig.

11Die Here gee krag aan sy volk,

die Here seën sy volk met vrede.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help