Psalms 142 - Die Bybel 2020-vertaling

1'n Maskiel. Van Dawid. Toe hy in die grot was. 'n Gebed.

2 Na die Here roep ek hardop om hulp;

by die Here pleit ek hardop om genade.

3Ek stort voor Hom my klag uit;

voor Hom maak ek my nood bekend.

4Wanneer my gees in my begin weifel,

is dit U wat my pad ken.

Op die pad wat ek moet loop,

het hulle in die geheim

'n vangnet vir my gespan.

5As ek regs kyk, sien ek niemand

is my goedgesind nie.

'n Skuilplek is vir my verlore;

niemand is begaan oor my lewe nie.

6Ek roep na U om hulp, Here.

Ek sê: “U is my skuilplek,

my deel in die land van die lewendes.

7Gee tog aandag aan my klaagroep,

want ek is baie nietig.

Red my van my vervolgers,

want hulle is te sterk vir my.

8Lei my uit gevangenskap,

sodat ek u Naam kan prys.

Regverdiges sal om my saamkom

as U aan my goed doen.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help