Psalms 97 - Die Bybel 2020-vertaling

1Die Here regeer,

laat die aarde juig;

laat al die afgeleë eilande bly wees.

2Wolke en diepe duisternis omring Hom,

reg en •geregtigheid

is die grondslag van sy troon.

3 Vuur gaan voor Hom uit

en rondom Hom verbrand dit

sy teenstanders.

4Sy weerligstrale verlig die aarde,

die wêreld sien dit en sidder.

5Berge smelt soos was voor die Here,

voor die Heer van die hele wêreld.

6Die hemele verkondig

sy geregtigheid,

en al die volke sien sy majesteit.

7 Almal wat gesnede beelde dien,

wat spog met nikswerd afgode,

staan beskaamd.

Buig in aanbidding voor Hom, alle gode!

8Sion hoor dit en is bly,

die dogters van Juda juig

oor u oordele, Here.

9Want U, Here, is die heel hoogste

bo die hele aarde;

U is ver verhewe bo alle gode.

10Julle wat die Here liefhet,

moet die kwaad haat.

Hy beskerm die lewe

van sy troue volgelinge;

uit die hand van goddeloses

red Hy hulle.

11Lig is gesaai vir die regverdiges,

vreugde vir hulle met opregte harte.

12Verbly julle in die Here, regverdiges,

en prys sy •heilige, gevierde Naam.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help