Jona 2 - Die Bybel 2020-vertaling

1 Jona het uit die vis se maag tot die Here sy God gebid.

2Hy het gesê:

“In my nood het ek

na die Here geroep,

en Hy het my geantwoord.

Uit die ingewande van die •doderyk

het ek om hulp geroep,

en U het my stem gehoor.

3 U het my in die diepte gegooi,

in die hart van die oseane.

Seestrome het my omring,

al u golwe en branders

het oor my gespoel.

4“ Ek self het gedink,

ek is weggewerp, onder u oë uit.

Maar ek sal weer u •heilige •tempel sien!

5 Water het my tot aan my keel omsluit,

•oerwater het my omring;

seewier het my kop omstrengel.

6Na die basis van die berge

het ek afgesak;

die aarde – haar sluitbalke

was vir altyd toe agter my.

“Maar tog het U my lewe

uit die grafkuil opgetrek,

Here my God!

7 Terwyl die lewe uit my vloei,

het ek net aan die Here gedink.

My gebed het U in u heilige tempel bereik.

8“ Wie nuttelose afgode dien,

versaak hulle trou aan die verbond.

9 Maar ek, met 'n danklied

wil ek aan U 'n offer bring,

wat ek beloof het, sal ek betaal.

Dit is die Here wat redding bring.”

10Die Here het toe die vis beveel om Jona op die droë grond uit te spoeg.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help