Psalms 110 - Die Bybel 2020-vertaling

1Van Dawid. 'n Psalm.

Dit is die uitspraak

van die Here vir my heer:

“Sit aan my regterhand

totdat Ek jou vyande

'n voetbank vir jou voete maak.”

2Uit Sion stuur die Here

jou magtige septer:

“Heers te midde van jou vyande!

3Jou volk bied hulleself gewillig aan

op die dag van jou magsvertoon

op die heilige berge.

Uit die skoot van die daeraad

het Ek jou soos dou verwek.”

4Die Here het 'n eed afgelê

en Hy sal nie spyt wees nie:

“Jy is priester vir altyd

volgens die orde van Melgisedek.”

5My Heer, die een aan u regterhand

verpletter konings

op die dag van sy toorn.

6Onder die nasies

voltrek hy die vonnis –

dit is vol lyke;

hy verpletter hoofde oor 'n groot gebied.

7Op pad drink hy uit die spruit;

daarom sal hy sy hoof hoog hou.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help