1'n Loflied. Van Dawid.
א ALEFEk wil U verheerlik,
o Koning, my God;
ek wil u Naam prys vir altyd en altyd.
ב BET2Elke dag wil ek U prys,
ek wil u Naam loof vir altyd en altyd.
ג GIMEL3Groot is die Here
en besonder lofwaardig;
sy grootheid is ondeurgrondelik.
ד DALET4Geslag ná geslag roem u werke;
u magtige dade maak hulle bekend.
ה HE5Oor die heerlike majesteit
van u luister
en u wonderdade wil ek nadink.
ו WAW6Oor die krag van u ontsagwekkende
dade praat mense;
van u grootheid wil ek vertel.
ז ZAJIN7Oor herinneringe aan u groot
goedheid sal hulle uitwei;
oor u regverdige optrede
sal hulle jubel.
ח GET8Genadig en barmhartig is die Here,
geduldig en groot in troue liefde.
ט TET9Die Here is goed vir almal,
en sy barmhartigheid
strek oor al sy werke.
י JOD10 Here, al u werke loof U,
en u troue volgelinge prys U.
כ KAF11Oor die heerlikheid
van u koningskap praat hulle
en u mag verkondig hulle,
ל LAMED12sodat die mensdom kan kennis
neem van u magtige dade,
van die heerlike majesteit
van u koningskap.
מ MEM13U koningskap is 'n koningskap
vir alle ewighede,
u heerskappy duur deur al
die komende geslagte.
ס SAMEK14Die Here ondersteun almal wat val,
en help almal regop wat neergeboë is.
ע AJIN15Almal se oë is vol verwagting
op U gerig,
en U gee vir hulle hulle kos op tyd.
פ PE16Wanneer U u hand oopmaak,
versadig U al wat lewe
met wat hulle wil hê.
צ TSADE17Regverdig is die Here in al sy weë,
en trou aan alles wat Hy gemaak het.
ק KOF18 Die Here is naby almal
wat Hom aanroep,
almal wat Hom in waarheid aanroep.
ר RESJ19Hy vervul die wens van dié
wat vir Hom ontsag het;
hulle hulpgeroep hoor Hy,
en Hy verlos hulle.
שׁ SJIN20Die Here beskerm almal
wat Hom liefhet,
maar al die goddeloses delg Hy uit.
ת TAW21My mond sal die lof van die Here
verkondig;
alle mense moet sy heilige Naam
prys vir altyd en altyd.
Who We AreWhat We EelieveWhat We Do
2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.