1'n •Pelgrimslied.
Toe die Here die lot van Sion
verander het,
was ons soos mense wat droom.
2Daarna is ons monde
met gelag gevul,
ons tonge met jubelkrete.
Toe is onder die nasies gesê:
“Die Here het iets groots gedoen
aan hierdie mense.”
3Die Here het iets groots
aan ons gedoen.
Ons was verheug.
4Verander weer ons lot, Here,
soos stroombeddings in die Negev.
5 Dié wat met trane saai,
sal met jubelkrete maai.
6Die draer van die saadsak
wat loop en huil,
sal beslis terugkom met jubelkrete
terwyl hy sy gerwe dra.
Who We AreWhat We EelieveWhat We Do
2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.