1 TIMOTEUS 2 - Nuwe Lewende Vertaling

Bid vir alle mense, ook vir almal in gesagsposisies

1Eerstens spoor ek jou aan om vir alle mense te bid met smeking, voorbidding en danksegging.

2Bid só vir konings en alle ander in gesagsposisies sodat ons in vrede en rustigheid, toewyding en eerbaarheid kan lewe.

3So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser,

4want Hy wil dat almal verlos word en die waarheid verstaan.

5Want daar is net een God en een Middelaar

wat God en mens kan versoen.

Hy is die mens Christus Jesus.

6Hy het sy lewe gegee

om vryheid vir elkeen te koop.

Dit is die boodskap wat God

aan die wêreld gegee het

op die bestemde tyd.

7En ek is gekies – dit is die absolute waarheid – as ’n prediker en apostel om die nie-Joodse nasies te onderrig in geloof en waarheid.

Mans en vroue moet op gepaste wyse aan byeenkomste deelneem

8Waar julle ook al vergader, wil ek hê mans moet bid met hulle hande opgehef na God, vry van woede en twis.

9En ek wil hê vroue moet beskeie wees in hulle voorkoms. Hulle behoort ordentlike en paslike klere te dra en nie die aandag op hulleself te vestig deur die manier waarop hulle hulle hare tooi of goud of pêrels of duur klere dra nie.

10Want vroue wat aanspraak daarop maak om toegewy aan God te lewe behoort hulleself aantreklik te maak deur die goeie dinge wat hulle doen.

11Vroue behoort te luister en moet stil en onderdanig leer.

12Ek laat vroue nie toe om mans te onderrig of oor hulle gesag uit te oefen nie. Laat hulle eerder stilweg luister.

13Want God het Adam eerste gemaak en daarna Eva.

14En dit was die vrou, nie Adam nie, wat deur Satan verlei is, en sonde was die gevolg.

15Maar vroue sal gered word deur hulle rol as moeders te aanvaar en deur volhardend te leef in geloof, liefde, toewyding aan God en beskeidenheid.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help