PSALMS 142 - Nuwe Lewende Vertaling

My klagtes lê ek voor Hom

1’n Dawidspsalm na aanleiding van sy verblyf in die grot. ’n Gebed.

2Ek roep tot die Here;

ek pleit om die Here

se genade.

3Ek stort my klagtes uit

voor Hom

en vertel Hom

van my kwellinge.

4Wanneer ek moed verloor,

dan ken U my pad.

Op die pad waarop ek loop,

het hulle vir my

’n strik gestel.

5Ek kyk na regs,

maar niemand

sien my raak nie.

Daar is vir my

geen ontvlugting nie,

en niemand gee om

vir my nie.

6Ek het tot U gebid, Here.

Ek het gesê:

“U is my toevlug,

my deel

in die land van die lewendes.

7Luister na my hulpgeroep,

want ek is terneergedruk.

Red my van dié wat my vervolg,

want hulle is te sterk vir my.

8Bevry my uit die gevangenis

sodat ek u Naam kan loof.

Opregtes

sal rondom my kom staan,

want U is goed vir my.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help