JOB 28 - Nuwe Lewende Vertaling

Mense weet so baie

1“Mense weet

hoe om silwer te myn

en goud te suiwer.

2Hulle weet hoe om yster

uit die grond te haal

en koper te smelt uit klip.

3Hulle weet hoe om lig te maak

in die donker

en verken

die verste, donkerste dele

van die aarde

op soek na erts.

4Hulle sink ’n mynskag

diep in die aarde,

ver van waar mense woon.

Dan swaai hulle heen en weer

aan toue.

5Die aarde waaruit brood voortkom,

word diep onder oopgebreek

met vuur.

6Mense kan saffiere uit die rots

en goudstof

uit die stof haal.

7Dit is skatte wat geen roofvoël

kan sien nie,

en geen arendsoog

kan bespeur nie.

8In diep myne het

geen wilde dier nog gekom,

geen leeu

het daar geloop nie.

9Mense weet

hoe om rotse te breek

en die wortels van berge

om te keer.

10Hulle maak tonnels

in die rotse

en kry daar kosbare skatte.

11Hulle dam strome op

en bring verborge skatte

na die lig.

12“Maar weet mense

waar om wysheid te vind?

Waar sal hulle soek vir begrip?

13Niemand weet

waar om dit te vind nie.

Nêrens tussen die lewendes

is dit te vind nie.

14‘Dis nie hier nie,’

sê die oseaan.

‘Dis ook nie by my nie!’

sê die see.

15Jy kan dit nie

met goud koop nie,

jy kan nie silwer

daarvoor afweeg nie.

16Die waarde daarvan

is meer

as al die goud van Ofir,

en groter as die kosbare stene

van oniks of saffiere.

17Wysheid is meer kosbaar

as goud en kristal.

Jy kan dit nie koop

met goud-gemonteerde

juwele nie.

18Koraal en kosbare kristal

kan dit nie betaal nie.

Wysheid het meer waarde

as pêrels.

19Topaas uit Etiopië

kan nie daarvoor

ingeruil word nie,

want die waarde daarvan

is meer

as die suiwerste goud.

20Maar weet mense

waar om wysheid te vind?

Waar kan hulle insig kry?

21Dit is weggesteek.

Geen lewende wese

kan dit sien nie.

Selfs die voëls in die lug

kan dit nie bespeur nie.

22Maar Verwoesting en Dood sê:

‘Ons het ’n gerug gehoor

waar jy wysheid kan kry.’

23God ken die weg daarheen,

Hy alleen weet

waar dit te vind is,

24want Hy kyk oor die hele aarde

en sien alles

onder die ganse hemel.

25Hy laat die winde waai

en Hy bepaal hoeveel reën

moet val.

26Hy maak die wette

van die reën,

en berei ’n pad vir die weerlig.

27Nadat Hy dit alles gedoen het,

het Hy wysheid gesien

en dit afgemeet.

Hy het dit gevestig

en deeglik getoets.

28Dit is wat Hy

vir die mensdom sê:

‘Om die Here te dien

is ware wysheid.

Om die kwaad te vermy

is ware insig.’”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help