JOB 35 - Nuwe Lewende Vertaling

1Elihu het verder gesê:

2“Dink jy dit is reg om te sê:

‘Ek is regverdig voor God’?

3Tog het jy ook gevra:

‘Wat help dit

om reg te lewe?

Wat kan dit my baat

om nie te sondig nie?’

4“Ek sal jou en al jou vriende

antwoord.

5Kyk op in die lug,

sien die wolke

hoog bokant jou raak.

6As jy sondig, hoe raak dit Hom?

Selfs as jy aanhou

om weer en weer sonde te doen,

wat doen dit aan Hom?

7Of as jy reg optree,

wat beteken dit vir Hom?

Wat kan jy vir Hom gee?

8Jou sondes raak net die mense

soos jy

en jou goeie dade

beïnvloed net ander mense.

9“Mense roep om hulp

onder hulle swaar

verdrukking.

Hulle kreun onder die mag

van die sterkes.

10Tog vra hulle nie:

‘Waar is God, ons Maker,

die Een wat ons

’n lied laat sing in die nag?

11Waar is Hy

wat ons meer geleer het

as vir die diere

en ons slimmer gemaak het

as die voëls?’

12Mense roep om hulp

en Hy antwoord nie

weens hulle boosheid

en hoogmoed.

13Maar dit is verkeerd om te sê

God luister nie,

die Almagtige gee nie om nie.

14Dit is nog meer vals om te sê

Hy sien nie wat aangaan nie.

Hy sal geregtigheid laat geskied

as jy net sal wag.

15Maar roep jy uit teen Hom

omdat Hy nie in woede

reageer op sondaars nie

en nie weet van boosheid nie?

16Job, jy het tevergeefs

geprotesteer.

Jy het gepraat soos ’n dwaas.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help