1Bildad die Suagiet
het Job geantwoord:
2“God is magtig
en ontsagwekkend.
Hy vestig vrede in die hemele.
3Wie kan sy hemelse leër tel?
Verlig Hy nie die aarde nie?
4Hoe kan ’n sterfling
voor God kom
en eis dat hy regverdig is?
Wie op aarde is rein?
5God is so heerlik
dat selfs die maan en sterre
nie met Hom
vergelyk kan word nie.
6Hoeveel minder
is gewone mense
wat maar soos wurms en brommers
voor Hom is?”
Who We AreWhat We EelieveWhat We Do
2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.