JESAJA 52 - Nuwe Lewende Vertaling

Verlossing vir Jerusalem

1Word wakker, word wakker,

Sion, beklee jou met krag!

Trek jou mooiste klere aan,

Jerusalem, heilige stad.

Onbesnedenes en onrein mense

sal nie meer in jou kom nie.

2Staan op uit die stof,

Jerusalem!

Staan op!

Maak die toue

om jou nek los, Sion,

jy wat ’n gevangene is.

3So sê die Here:

“Ek het niks vir julle gekry

toe ek julle verkoop het nie.

En nou kan ek julle terugkoop

sonder geld.”

4So sê die oppermagtige Here:

“Lank gelede het my volk

as vreemdelinge in Egipte

gaan bly.

Nou het Assirië

hulle sonder rede verdruk.

5“En nou, wat kry Ek nou hier?”

vra die Here.

“Wie het nou weer my volk

sonder rede slawe gemaak?

Dié wat oor hulle heers,

spot met hulle,”

sê die Here.

“Hulle praat die hele dag

sleg van My.

6Daarom sal my volk

my Naam ken.

En daarom sal hulle weet

wanneer die dag kom,

dat dit Ek is wat sê:

‘Hier is Ek!’”

7Hoe mooi klink die voetstappe

op die berge

van hulle wat goeie nuus bring

en vrede en verlossing aankondig,

wat vir Sion sê:

“Jou God regeer!”

8Luister! Die wagte roep hard,

hulle sing van vreugde.

Want voor hulle oë sien hulle

hoe die Here terugkom

na Sion toe.

9Die puinhope van Jerusalem

moet sing van vreugde,

want die Here

het sy volk getroos.

Hy het Jerusalem verlos.

10Die Here sal sy heilige mag

voor die volke se oë vertoon.

Tot aan die uithoeke

van die aarde

sal hulle God se redding sien.

11Gee pad, gee pad!

Trek weg uit Babel!

Moenie wat onrein is,

aanraak nie.

Kom daar uit

en sorg dat julle rein is,

julle wat die tempelgereedskap

van die Here dra.

12Julle sal nie haastig padgee nie.

Julle sal nie hardloop

soos vlugtelinge nie.

Die Here sal voor julle uittrek

en die God van Israel

sal julle van agter beskerm.

Die Here

se dienaar sal ly

13My dienaar sal voorspoedig

wees.

Hy sal hoog in aansien wees.

Almal sal hom eer.

14Baie mense was ontsteld

toe hulle hom sien.

Hy was so misvorm

dat hy skaars soos ’n mens

gelyk het.

15Hy sal baie volke en hulle konings

rein maak,

en konings sal sprakeloos

voor hom wees.

En hulle sal hoor

wat hulle voorheen nog nooit

gehoor het nie.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help