PSALMS 134 - Nuwe Lewende Vertaling
Seën uit Sion
1’n Pelgrimslied.
Prys die Here,
alle dienaars van die Here.
Julle wat snags diens doen
in die huis van die Here,
2hef op julle hande
in die heiligdom
en prys die Here.
3Mag die Here julle seën uit Sion,
Hy wat hemel en aarde
gemaak het.