PSALMS 98 - Nuwe Lewende Vertaling

Sing ’n nuwe lied’n Psalm.

1Sing vir die Here ’n nuwe lied,

want Hy het wonders

gedoen.

Hy het verlossing bewerk

met sy krag

en Goddelike mag.

2Die Here het sy redding

aangekondig.

Voor die oë van die nasies

het Hy sy regverdigheid

getoon.

3Hy het sy liefde en trou

teenoor die huis van Israel

onthou.

Ons God se redding was sigbaar

tot aan die uithoeke

van die aarde.

4Laat die hele aarde

die Here loof.

Breek uit in sang,

sing van vreugde!

5Bring lof aan die Here

met die lier,

met lier en met sang,

6met trompette en ramshoring.

Juig tot eer van die Here,

die Koning.

7Die see en alles daarin

moet druis,

die wêreld en almal

wat daarin woon.

8Die riviere

moet hande klap,

die berge

moet jubel

9voor die Here.

Want Hy kom

om die aarde te oordeel.

Hy sal die wêreld

regverdig oordeel,

en die volke met billikheid.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help