JOB 40 - Nuwe Lewende Vertaling

Die Here

daag Job weer uit

1Die Here het toe vir Job

uit ’n storm geantwoord:

2“Gaan staan regop soos ’n man.

Ek wil ’n paar vrae aan jou stel.

Jy moet My antwoord.

3“Wil jy sê

dat Ek verkeerd is?

Wil jy My

veroordeel

sodat jy geregverdig kan wees?

4Is jy so sterk soos God?

Kan jy jou stem

uit die onweer laat hoor?

5Laat jou gesag dan geld.

Tree op in jou koninklike

majesteit.

6Gee uiting aan

jou woede

sodat dit oorkook

oor die hoogmoediges

en hulle verneder.

7Vernietig slegte mense

met een blik.

Loop oor die goddeloses.

8Begrawe almal in die stof.

Sluit hulle toe in die graf.

9Selfs Ek sal jou dan prys,

want jy sal jou

deur jou eie krag kan red.

10“Kyk na die seekoei.

Ek het hom gemaak

net soos Ek jou gemaak het.

Hy vreet gras soos ’n bees.

11Hy het ’n kragtige liggaam

met sterk spiere.

12Sy stert is so reguit

soos ’n seder.

Sy boudspiere

is inmekaargevleg.

13Sy bene

is soos bronspype.

Sy ledemate

so sterk soos yster.

14Dit is ’n uitstekende

voorbeeld

van God se handewerk.

Net sy Maker

kan hom in toom hou.

15Die berge lewer vir hom

voedsel,

en al die wilde diere speel daar.

16Hy lê onder waterplante.

Hy skuil tussen die riete

in die moeras.

17Hy skuil in die skadu

van die waterplante

tussen die wilgers

langs die rivier.

18As die rivier in vloed is,

word hy nie bang nie.

Hy is rustig selfs as die Jordaan

rondom hom bruis.

19Niemand kan hom

van voor af pak

en ’n ring in sy neus sit nie.”

Die Here

daag Job weer uit

20“Kan jy ’n krokodil

met ’n hoek vang?

Kan jy ’n tou bind om sy bek?

21Kan jy ’n lyn

steek deur sy neus

of sy kake met ’n haak deurboor?

22Sal hy by jou pleit om genade,

of soebat om vir hom

jammer te wees?

23Sal hy instem

om vir jou te werk?

Kan jy van hom ’n slaaf maak

vir die res van sy lewe?

24Sal jy hom mak maak

soos ’n voëltjie,

of vir hom ’n leiband aansit

as ’n speelding vir jou dogters?

25Sal handelaars hom wil koop?

Kan hulle hom verkoop

in hulle winkels?

26Kan jy sy vel deurboor

met pyle,

of sy kop met ’n harpoen?

27Lê gerus jou hand op hom!

Jy sal vir altyd

die geveg onthou

en dit nooit weer waag nie.

28Jy probeer verniet

om hom te vang.

Die jagter is oorweldig

as hy hom net sien.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help