HOOGLIED 1 - Nuwe Lewende Vertaling

1Salomo se heel mooiste lied.

Jong vrou:

2“Soen my weer en weer!

Jou liefde

is soeter as wyn.

3Jou parfuum ruik heerlik.

Jou naam

is soos parfuum!

Dis waarom meisies

so baie van jou hou.

4Vat my saam met jou!

Kom, laat ons hardloop!

Laat die koning my

na sy kamer toe neem.”

Vriende:

“Kom ons juig!

Ons is bly oor jou!

Ons hou meer van jou liefde

as van wyn.”

Jong vrou:

“Geen wonder

meisies het jou so lief nie.

5Ek is donker en ek is pragtig,

vroue van Jerusalem.

Ek het die kleur

van die tente van Kedar

en die tentdoeke van Salomo.

6“Moenie my so staan en bekyk

omdat ek donker is nie.

Die son het my so gebrand.

My broers was kwaad vir my.

Daarom het hulle my die wingerde

laat oppas.

My eie wingerd

moes ek verwaarloos.

7Sê vir my, my liefling,

waar laat jy

jou kleinvee wei?

Waar gaan jy met hulle oorstaan

vanmiddag?

Hoekom moet ek my

agter ’n sluier versteek

om na jou te gaan soek

by die veetroppe

van jou vriende?”

Jong man:

8“As jy nie weet nie,

mooiste van die vroue,

loop op die spore

van die skape

en laat jou bokkies wei

daar by die veewagters se tente.

9“My beminde, jy is vir my

soos ’n perd

voor die farao se oorlogwa.

10Jou wange is pragtig

met oorbelle versier.

Jou nek is mooi

met juwele versier.

11Ons maak vir jou

oorbelle van goud,

met silwer versiersels daarin.”

Jong vrou:

12“Terwyl die koning

by sy tafel is,

versprei die geur

van my nardusparfuum.

13My liefling is vir my

’n sakkie mirre

tussen my borste.

14My liefling is vir my

’n bos hennablomme

uit die wingerde van En-Gedi.”

Jong man:

15“Jy is pragtig, my beminde.

Jou oë is so mooi

soos die oë van duiwe.”

Jong vrou:

16“Jy is baie aantreklik, my liefling.

Die bed waarop ons lê,

is soos groen gras,

17ons huis se balke

is soos sederbome,

ja, soos sipresbome.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help