PSALMS 2 - Nuwe Lewende Vertaling

Dien die Here

en sy gesalfde

1Hoekom gaan die nasies

so tekere,

en bedink die volke

nuttelose planne?

2Die konings van die aarde

het saamgesweer;

die heersers span saam

teen die Here

en sy gesalfde.

3Hulle sê:

“Laat ons hulle kettings

stukkend breek,

onsself bevry

van hulle slawebande.”

4Maar Hy

wat vanuit die hemel heers,

lag oor hulle.

Die Here spot met hulle.

5In sy toorn

praat Hy met hulle,

en in sy woede verskrik Hy hulle:

6“Ek het hom op Sion,

my heilige berg,

as my koning aangestel.”

7Ek wil vertel

van die Here se besluit.

Hy het vir my gesê:

“Jy is my seun.

Vandag het Ek

jou Pa geword.

8Vra My, en Ek gee vir jou

nasies as erfporsie,

die einde van die aarde

as jou besitting.

9Met ’n ysterstaf

sal jy hulle stukkend slaan,

soos ’n kleipot hulle verpletter.”

10Wees nou verstandig,

o konings!

Wees gewaarsku,

regeerders van die aarde!

11Dien die Here met eerbied

en juig oor Hom met bewing.

12Onderwerp julle aan God

sodat Hy nie toornig word

en jy op die pad omkom nie.

Want sy toorn ontvlam gou,

maar daar is vreugde

vir almal wat by Hom skuil.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help