PSALMS 96 - Nuwe Lewende Vertaling

Die Here

is Koning en Regter

1Sing vir die Here ’n nuwe lied!

Sing vir die Here,

almal op aarde!

2Sing vir die Here,

loof sy Naam!

Verkondig sy verlossing

dag na dag.

3Vertel die nasies

van sy heerlikheid,

aan al die volke

van sy wonderdade.

4Groot is die Here;

lof kom Hom toe!

Hý moet gedien word

bo alle gode.

5Die gode van die volke is niks,

die Here

het die hemele gemaak!

6Heerlikheid en majesteit

is voor Hom;

krag en glans is in sy heiligdom.

7Erken die Here,

geslagte van die aarde,

erken die Here

vir sy heerlikheid en mag.

8Erken die Here

vir die roem van sy Naam!

Bring offers vir Hom

en kom na sy voorhowe.

9Aanbid die Here

in sy heilige glans.

Laat die hele aarde

voor Hom bewe.

10Vertel aan die nasies:

“Die Here regeer!

Die wêreld staan vas

en sal nie wankel nie.”

Sy oordeel oor volke

is regverdig.

11Laat die hemele verheug wees,

laat die aarde bly wees.

Laat die see druis

en ook alles daarin.

12Laat die velde jubel

en alles daarop!

Laat die bome van die bos juig

13voor die Here.

Want die Here kom!

Hy kom om die aarde te oordeel.

Hy sal die wêreld oordeel

met regverdigheid,

en die nasies

met sy betroubaarheid.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help