JOB 26 - Nuwe Lewende Vertaling

Job praat ’n negende keer in antwoord op Bildad

1Job het weer gepraat:

2“Hoe het julle nou

die swakke gehelp?

Hoe het julle

die kragtelose gered?

3Hoe het julle my onnoselheid

verlig!

Hoeveel wyshede het julle

kwytgeraak!

4Vir wie het julle

al hierdie dinge gesê?

Wie se gees praat deur julle?

5Die dooies bewe,

hulle wat onder die water woon.

6God weet wat daar

in die onderwêreld gebeur.

Hy kyk tot in die plek

van verwoesting.

7God strek die noordelike

lugruim

oor leë ruimtes

en hang die aarde op

aan niks.

8Hy rol die reën op

in dik wolke,

maar as hulle swaar is,

skeur hulle nie.

9Hy bedek die gesig

van die volmaan

en sprei wolke daaroor.

10Hy het die horison geskep

deur die waters te skei.

Hy stel grense

vir die dag en die nag.

11Die fondamente

van die hemel bewe,

hulle is verstom

as Hy hulle bestraf.

12Sy krag kalmeer die see.

Hy verslaan die seemonster.

13Sy wind waai die lug skoon

en Hy vernietig

die vlugtende slang.

14Dit is maar die kleinste

van sy werke,

’n fluistering van sy krag

wat ons hoor!

Wie kan dan die grootheid

van sy mag begryp?”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help