PSALMS 70 - Nuwe Lewende Vertaling

U is my redder, Here

1Vir die koorleier: Van Dawid. ’n Herinnering.

2Red my tog, o God!

Kom gou, Here, en help my.

3Laat almal wat my lewe soek,

in die skande kom

en verward raak.

Laat hulle wat my ondergang

begeer,

op die vlug slaan

en beskaamd staan.

4Laat hulle vlug

as beloning vir hulle skande,

hulle wat sê: “Aha! Ons het hom!”

5Maar mag almal wat U soek,

vol vreugde

en blydskap wees.

Mag hulle

wat u verlossing liefhet,

gedurig sê: “Die Here is groot!”

6Ek is arm en behoeftig.

Kom gou na my toe, o God.

U is my hulp en my redder.

Here,

moet tog nie

langer wag nie!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help