SAGARIA 13 - Nuwe Lewende Vertaling

’n Fontein van reiniging

1“Op daardie dag sal daar ’n oop fontein vir die koningshuis van Dawid en die inwoners van Jerusalem wees, ’n fontein om hulle skoon te maak van al hulle sonde en vuilheid.

2“Daardie dag, sê die Here, die Almagtige, sal Ek die name van die afgode uit die land uitroei. Selfs die name van die afgode gaan nie meer onthou word nie. Ek gaan ook die vals profete en die onrein geeste wat hulle inspireer, verwyder.

3As iemand weer begin profeteer, sal sy eie pa en ma vir hom sê: ‘Jy mag nie lewe nie, want jy het leuens in die Naam van die Here geprofeteer.’ Dan sal sy eie pa en ma hom doodsteek.

4“Op daardie dag sal niemand spog met sy gawe van profesie nie. Niemand sal profeteklere dra met die doel om ander te bedrieg nie.

5Hy sal sê: ‘Ek is nie ’n profeet nie; ek is ’n boer. Ek het my bestaan uit die grond gemaak vandat ek nog baie jonk was.’

6“As iemand dan vra: ‘Wat is daardie wonde aan jou hande?’ sal hy sê: ‘Ek het die wonde gekry by die huis van my vriende!’”

Die verstrooiing van die skape

7“Swaard, word wakker

teen my skaapwagter,

teen die man

wat so naby aan My is,

sê die Here, die Almagtige.

Tref die skaapwagter

sodat die skape

verstrooi kan word

en Ek teen die lammers

kan optree.

8Twee derdes van die inwoners

van die land

sal afgesny word en omkom,

sê die Here.

Een derde sal oorbly in die land.

9Ek sal daardie groep

deur vuur laat gaan

en hulle suiwer,

net soos silwer en goud

deur vuur gesuiwer word.

Hulle sal my Naam aanroep

en Ek sal hulle antwoord.

Ek sal sê: ‘Hulle is my volk,’

en hulle sal sê:

‘Die Here is ons God.’”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help