JESAJA 12 - Nuwe Lewende Vertaling

Loflied vir heil

1Op daardie dag sal jy sing:

“Ek prys U, Here!

U was kwaad vir my,

maar U is nie meer nie.

Nou troos U my.

2God het my kom red.

Ek vertrou op Hom.

Ek is nie meer bang nie.

Die Here, die Here is my krag

en my lied.

Hy het my kom red.”

3Met blydskap sal julle drink

van die fonteine van redding!

4In daardie dag

sal julle sing:

“Dank die Here!

Prys sy Naam!

Vertel die wêreld

wat Hy gedoen het.

Vertel vir almal

dat Hy groot is.

5Sing vir die Here,

want Hy het heerlike dinge

gedoen.

Laat almal in die wêreld dit hoor.

6Jubel en juig,

inwoners van Jerusalem!

Want groot is die Heilige Een

van Israel.

En Hy woon tussen julle!”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help