PSALMS 6 - Nuwe Lewende Vertaling

’n Gebed om hulp tydens siekte

1Vir die koorleier: Met snarespel, met basstem. ’n Dawidspsalm.

2 Here, straf my nie

in u toorn,

kasty my tog nie

in u woede nie.

3Wees my genadig, Here,

want ek is swak.

Maak my gesond, Here,

want my liggaam is vol pyne.

4My hele wese

is angsbevange.

Hoe lank nog, Here?

5Kom terug, Here, en red my.

Genees my

op grond van u liefde.

6Want wie onthou U in die graf?

Wie kan U loof

in die doderyk?

7Ek is vermoeid van verdriet.

Snags is my bed deurweek,

is my kussing nat van trane.

8My oë is dof van droefheid,

dis verswak

weens al my vyande.

9Gaan weg,

al julle kwaaddoeners,

want die Here

het na my hulpgeroep geluister.

10Die Here

het my pleidooi gehoor;

die Here

sal my gebed beantwoord.

11Al my vyande sal beskaamd

en baie verslae wees;

in ’n oogwink

sal hulle beskaamd wees

en omdraai.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help