JOB 11 - Nuwe Lewende Vertaling

Sofar praat die eerste keer in reaksie op Job

1Sofar die Naämatiet

het Job geantwoord:

2“Moet iemand nie antwoord

op hierdie stortvloed

van woorde nie?

Is ’n mens onskuldig

net omdat jy baie kan praat?

3Moet ek stilbly

te midde van jou sinlose

gepraat?

Wanneer jy God tart,

moet iemand jou

nie skaam maak nie?

4Jy sê vir God:

‘My sienswyse is suiwer.

Ek is onskuldig voor U!’

5As God tog net wou praat!

As Hy jou net wou sê

wat Hy dink!

6As Hy jou net kon vertel

van die geheime

van wysheid,

want ware wysheid

is nie eenvoudig nie.

Luister!

God straf jou beslis minder

as dit wat jy verdien.

7“Kan jy die geheime van God

ontrafel?

Kan jy alles ontdek

wat daar is om te weet

van die Almagtige?

8Daardie kennis is hoër

as die hemel.

Wie is jy om daaroor te praat?

Daardie kennis is dieper

as die doderyk.

Wat kan jy weet

in vergelyking met Hom?

9Dit is groter as die aarde

en breër as die see.

10“As God kom

en iemand in die tronk sit,

wie kan Hom keer?

Of as Hy iemand hof toe sleep,

wie gaan Hom stop?

11Want Hy ken die valse mense.

Hy weet van al hulle sondes.

12’n Dom mens

sal net so min wys word

as wat ’n wildedonkie

’n mak vul sal kry.

13“As jy net jou hart

aan Hom wil wy

en jou hande na Hom oplig in gebed!

14Raak ontslae van jou sondes.

Los alle ongeregtigheid

agter jou.

15Dan sal jou gesig

verhelder in onskuld.

Jy sal sterk wees

en vry van angs.

16Jy sal jou swaarkry vergeet.

Dit sal weg wees soos water

onderdeur ’n brug.

17Jou lewe sal helder wees

soos in die middel

van die dag,

alle donkerte

so helder soos die oggendlig.

18Jy sal vol moed wees

omdat jy hoop sal hê.

Jy sal beskerm wees

en rus in veiligheid.

19Jy sal sonder vrees

gaan slaap,

en baie sal na jou kyk

vir hulp.

20Maar die kwaaddoeners

sal verblind wees.

Daar is vir hulle

geen ontsnapping nie.

Hulle hoop verander

in wanhoop.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help