PSALMS 1 - Nuwe Lewende Vertaling

BOEK EEN (PSALM 1–41)Die regverdige en die goddelose

1Gelukkig is die mens

wat nie loop

volgens die raad

van goddeloses,

of staan

op die pad van sondaars,

of sit

in die vergadering

van spotters nie.

2Hy vind egter vreugde

in die gebooie van die Here

en oordink sy voorskrifte

dag en nag.

3Hy is soos ’n boom

geplant langs waterstrome,

wat vrugte dra

op die regte tyd.

Sy blare verwelk nie;

in alles wat hy doen,

is hy voorspoedig.

4Maar dit geld nie

vir die goddeloses nie.

Hulle is soos kaf

wat die wind verstrooi.

5Daarom sal goddeloses

nie voortbestaan

in die oordeel,

of sondaars

in die geselskap

van regverdiges nie.

6Want die Here waak

oor die pad

van die gelowiges;

maar die paaie

van die goddeloses

lei tot ondergang.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help