NAHUM 1 - Nuwe Lewende Vertaling

1Die profesie wat volg aangaande Nineve, het Nahum in ’n visioen ontvang. Nahum was van Elkos afkomstig.

Die Here

se woede teenoor Nineve

2Die Here is ’n God

wat absolute lojaliteit vra.

Hy is vol wraak en woede.

Hy wreek Hom op al sy teenstanders

en vernietig sy vyande.

3Die Here word stadig kwaad,

maar sy krag is groot.

Hy laat skuldiges nie ongestraf nie.

Hy kom in warrelwinde en storms,

wolke is die stof onder sy voete.

4Hy beveel, en oseane en riviere

droog op,

die groen weivelde van

Basan en Karmel

verdroog,

die botsels van Libanon

verdor.

5Berge skud in sy teenwoordigheid

en die heuwels smelt weg.

Hy laat die aarde bewe,

so ook die wêreld

en die mense wat dit bewoon.

6Wie is bestand teen sy woede?

Wie sal die gloed

van sy toorn oorleef?

Sy woede brand soos ’n vuur.

Rotse verkrummel voor Hom tot stof.

7Die Here is goed.

In tye van nood

is Hy ’n veilige vesting.

Hy beskerm elke mens

wat op Hom vertrou.

8Maar Hy tref dié

wat teen Hom in opstand kom

soos ’n vloedgolf.

Hy agtervolg sy vyande

die donkerte in.

9Hoekom beraam julle planne

teen die Here?

Hy sal dit op niks laat uitloop nie.

Daar sal nie weer

so ’n bedreiging kom nie.

10Sy vyande is soos vervlegte dorings,

soos slingerende dronkaards.

Maar Hy sal hulle soos droë strooi verbrand.

11Wie is hierdie koning van julle

wat durf waag

om bose planne

teen die Here te beraam?

12Die Here sê:

“Selfs al het Assiriërs

baie bondgenote,

hulle sal vernietig word

en van die toneel af verdwyn.

My volk,

Ek het julle alreeds tevore gestraf,

maar Ek sal dit nie weer doen nie.

13Ek breek nou die juk

wat julle onderdruk

en bevry julle van hulle oorheersing.”

14Dit sê die Here vir die Assiriërs:

“Julle sal nie kinders hê

wat julle name laat voortleef nie.

Al die beelde in julle afgodstempels

sal Ek vernietig.

Ek berei ’n graf vir julle voor,

want julle is afstootlik

en verdien nie om te leef nie!”

15Kyk! ’n Boodskapper met goeie nuus

kom oor die berge!

Hy bring ’n boodskap van vrede.

Mense van Juda,

vier julle feeste,

betaal julle geloftes.

Julle vyande is verslaan!

Hulle sal julle land

nooit weer binneval nie.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help