1Die Here het met Moses by die tabernakel in die woestyn van Sinai gepraat. Dit was in die middel van die lente, in die tweede jaar nadat Israel uit Egipte weg is:
2“Neem ’n sensus op van al die Israeliete volgens hulle stamme en hulle familiegroepe. Stel ’n lys op met die name van al die weerbare mans
3bo twintig jaar. Jy en Aäron moet dit doen.
4Uit elke stam moet ’n leier julle help.
5“Die name van die mans wat julle moet bystaan uit die onderskeie stamme, is:
Stam
Leier
Ruben
Elisur seun van Sedeür
6Simeon
Selumiël seun van Suri-Saddai
7Juda
Nagson seun van Amminadab
8Issaskar
Netanel seun van Suar
9Sebulon
Eliab seun van Gelon
Josef se seuns:
10Efraim
Elisama seun van Ammihud
Manasse
Gamliël seun van Pedasur
11Benjamin
Abidan seun van Gidoni
12Dan
Agiëser seun van Ammi-Saddai
13Aser
Pagiël seun van Okran
14Gad
Eljasaf seun van Reüel
15Naftali
Agira seun van Enan
16“Dit was die leiers wat uit elke familie gekies is.”
17Moses en Aäron en die leiers
18het daardie selfde dag nog die volk bymekaargeroep. Elke man bo twintig jaar is volgens sy stam en familienaam geregistreer.
19Hulle is daar in die Sinaiwoestyn getel, presies soos die Here vir Moses gesê het.
20Die mans bo twintig, wat kon gaan veg, was:
Stam
Getal
21Ruben, die oudste seun van Israel
46 500
22-23Simeon
59 300
24-25Gad
45 650
26-27Juda
74 600
28-29Issaskar
54 400
30-31Sebulon
57 400
32-33Efraim
seun van Josef
40 500
34-35Manasse
seun van Josef
32 200
36-37Benjamin
35 400
38-39Dan
62 700
40-41Aser
41 500
42-43Naftali
53 400
44Dit was die getal mans wat kon gaan veg van twintig jaar en ouer, wat Moses en Aäron getel het volgens hulle families.
45Al die Israeliete bo twintig wat kon gaan veg, is volgens hulle families getel.
46Hulle was altesaam 603 550.
47Die Leviete was nie hierby ingesluit nie.
48Die Here het vir Moses gesê:
49“Jy moenie die stam van Levi insluit by die res van Israel wanneer jy hulle tel nie.
50Jy moet die Leviete oor die tabernakel van die verbond aanstel. Plaas hulle in beheer van al sy meubels en toebehore. Hulle moet dit vervoer wanneer julle trek. Hulle moet ook vir sy toebehore sorg. Hulle moet die tabernakel versorg en daar rondom hulle tente opslaan.
51Wanneer julle verder trek, moet die Leviete dit elke keer afbreek en weer opslaan.
“As enigiemand anders daar naby kom, sal hy doodgemaak word.
52Elke stam moet op sy bepaalde plek gaan staan onder die vaandel van sy afdeling.
53Die Leviete sal rondom die tabernakel van die verbond kamp opslaan om die Israeliete te beskerm teen die woede van die Here. Die Leviete moet by die tabernakel wag staan.”
54Die Israeliete het presies net so gemaak soos die Here vir Moses gesê het.
Who We AreWhat We EelieveWhat We Do
2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.