1’n Pelgrimslied.
Geseënd is hulle
wat die Here dien,
wat wandel op sy weë.
2Jy sal die vrug
van jou arbeid geniet
en gelukkig
en voorspoedig wees.
3In jou woning
sal jou vrou wees
soos ’n vrugbare wingerdstok.
Jou seuns sal wees
soos jong olyfbome
rondom jou tafel.
4So seën die Here
die mens wat Hom dien.
5Mag die Here jou seën uit Sion
sodat jy so lank as wat jy lewe
die voorspoed van Jerusalem
sal sien,
6en ook jou kleinkinders
sal beleef.
Mag daar vir Israel vrede wees.
Who We AreWhat We EelieveWhat We Do
2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.