PREDIKER 4 - Nuwe Lewende Vertaling

Is die lewe die moeite werd?

1Ek het weer al die verdrukking

gesien

wat onder die son gedoen word.

Die verdruktes huil,

maar niemand vertroos hulle nie.

Ja, daar is niemand wat help nie,

en hulle verdrukkers

was baie sterk.

2Daarom het ek gedink

mense wat reeds dood is,

is gelukkiger as dié wat nog lewe.

3Die gelukkigste van almal

is mense wat nog nie

gebore is

en nie die onreg gesien het

wat onder die son

gedoen word nie.

4Ek het toe opgemerk

dat die meeste mense

se moeitevolle arbeid

gemotiveer word

deur afguns

op ander mense.

En dis ook alles sinloos,

’n blote gejaag na wind.

5Dwase is te lui om te werk

en gaan dood van die honger.

6Tog is ’n hand vol met rus

beter as twee hande

vol met moeite

en ’n gejaag na wind.

7Ek het nog iets gesien

wat sinloos is onder die son:

8Daar is iemand

wat heeltemal alleen is,

boonop sonder seun of broer.

Tog is daar geen einde

aan al sy moeite nie

en word sy oë nie versadig

met rykdom nie.

Hy moet later sê:

“Vir wat werk ek so hard

en ontsê ek my alle plesier?”

Dit alles is sinloos

en ’n slegte taak.

Twee is beter as een

9Twee is beter as een.

Saam bereik hulle meer

in hulle werk.

10As een mens val,

kan sy vriend hom ophelp.

Maar as een val wat alleen is,

is daar niemand om hom

op te help nie.

11As twee langs mekaar slaap,

word hulle warm.

Maar hoe kan een wat alleen is,

warm word?

12Iemand kan die een aanval,

maar die twee kan weerstand bied.

’n Driedubbele tou

breek nie maklik nie.

Politieke mag is sinloos

13Dis beter

om ’n jongmens te wees

wat arm en verstandig is,

as om ’n koning te wees

wat oud en dwaas is

en van niemand

raad aanvaar nie.

14Die jong man kom dalk

uit die tronk

en word koning,

al was hy arm gebore

in die koninkryk

van sy voorganger.

15Maar tog het ek gesien

dat almal wat lewe onder die son

die jong man volg,

hy wat die koning se plek

ingeneem het.

16Daar was nie ’n einde

aan al die mense

oor wie hy regeer het nie.

Tog sal die nageslag

nie met vreugde

aan hom dink nie.

Ook dit is alles sinloos,

’n blote gejaag na wind.

Om eerbied vir God te hê

17Wees baie versigtig

wanneer jy ingaan

by die huis van God.

Gaan eerder nader om te luister

as om jou offer te bring

soos dwase dit sou doen.

Want dwase begryp nie

dat hulle kwaad doen nie.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help