PSALMS 149 - Nuwe Lewende Vertaling

Kom juig voor die Here

1Loof die Here!

Sing vir die Here

’n nuwe lied.

Sing sy lof in die vergadering

van sy getroue dienaars.

2Laat Israel hom verheug

in sy Skepper,

laat die inwoners van Sion

jubel oor hulle Koning.

3Laat hulle sy Naam

met koordanse loof,

begelei deur tamboeryn en harp

vir Hom lofliedere sing.

4Want die Here verbly Hom

in sy volk;

met sy redding

hef Hy die hulpeloses op.

5Sy troue dienaars

juig oor hierdie eer;

hulle jubel

op hulle beddens.

6Mag hulle God loof

met hulle lippe,

met ’n tweesnydende swaard

in hulle hande

7om wraak uit te oefen

op die nasies

en straf oor die volke,

8om hulle konings vas te maak

met boeie

en hulle leiers

met ysterkettings,

9om die oordeel te voltrek

wat reeds vasgestel is.

Dit is die roem

van sy troue dienaars.

Prys die Here!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help