JEREMIA 47 - Nuwe Lewende Vertaling

’n Boodskap oor die Filistyne

1Die Here het ’n boodskap vir die profeet Jeremia oor die Filistyne gegee. Dit was nog voor die farao vir Gasa aangeval het.

2Die Here sê:

“’n Vloed kom uit die noorde,

’n stroom wat alles oorspoel.

Dit oorspoel die land

en vul alles daarin,

dorpe en inwoners.

Die mense sal uitroep.

Al die inwoners van die land

sal weeklaag.

3Hoor die geluid

van perdehoewe,

die gedreun van strydwaens

wat verbyjaag.

Vaders draai nie eers om

na hulle kinders nie,

want hulle kan hulle nie red nie.

4Die tyd het gekom

om al die Filistyne

uit te roei.

So ook Tirus en Sidon,

hulle bondgenote,

wat sou kon help.

Want die Here vernietig

die Filistyne,

hulle wat oorspronklik

van Kreta af kom.

5Die mense van Gasa

gaan vernietig word.

Askelon is klaar verwoes.

Mense wat in die kusvlakte

oorgebly het,

hoe lank sal julle julleself

nog pynig?

6“Swaard van die Here,

hoe lank nog voor jy weer

tot rus kom?

Gaan terug in jou skede!

Kom tot rus en raak stil!

7Maar hoe kan dit stil wees

as die Here beveel het

om Askelon en die kusvlakte

aan te val?”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help