PSALMS 29 - Nuwe Lewende Vertaling

Die stem van die Here

1’n Dawidspsalm.

Vereer die Here,

julle hemelwesens!

Vereer die Here

vir sy grootheid en krag!

2Verheerlik die Here

oor die heerlikheid

van sy Naam!

Dien die Here

in die grootsheid

van sy heiligheid.

3Die stem van die Here

weerklink oor die waters.

Die God van heerlikheid donder.

Die Here

is op die magtige waters.

4Die stem van die Here

is magtig.

Die stem van die Here

is vol majesteit.

5Die stem van die Here

breek seders.

Die Here versplinter

die seders van die Libanon.

6Hy laat die Libanon bokspring

soos ’n kalf

en die Sirjon soos ’n jong bees.

7Die stem van die Here

tref met weerligstrale.

8Die stem van die Here

laat die woestyn bewe.

Die Here

laat die Kadeswoestyn bewe.

9Die stem van die Here

laat die ooie lam

en stroop die bosse kaal.

In sy tempel sê almal:

“Heerlikheid!”

10Die Here regeer

oor die watervloed.

Die Here heers

as koning vir altyd.

11Die Here gee krag

aan sy volk.

Die Here seën sy volk

met vrede.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help