PSALMS 92 - Nuwe Lewende Vertaling

God maak my sterk

1’n Psalm. ’n Lied vir die Sabbatdag.

2Dit is goed

om die Here te dank,

om u Naam te loof,

Allerhoogste;

3om soggens u goedheid

aan te kondig,

en in die aand u getrouheid,

4met snaarinstrumente,

met die harp en die begeleiding

met die lier.

5U groot dade maak my bly, Here!

Ek juig oor u handewerk.

6Hoe groot is u werke, Here!

Hoe diep is u gedagtes!

7Net ’n onkundige

sal dit nie weet nie!

Net ’n dwaas

sal dit nie verstaan nie!

8Die goddeloses floreer

soos onkruid,

en boosdoeners woeker

met sukses;

tog sal hulle vir goed

vernietig word.

9Maar U is hoog verhewe.

U, Here, bestaan vir ewig.

10Maar u vyande, Here,

u vyande sal sekerlik vergaan.

Alle boosdoeners

sal verstrooi word.

11U maak my sterk

soos ’n buffel.

U salf my met vars olie.

12Ek sal die einde

van my vyande sien.

Ek sal hoor sonder om te vrees

wanneer boosdoeners

teen my opstaan.

13Maar regverdiges sal blom

soos ’n palmboom,

en welig groei

soos ’n seder van die Libanon.

14Geplant in die Here se huis,

groei hulle weelderig

in die voorhowe van ons God.

15Al is hulle oud,

sal hulle steeds vrugte dra;

hulle is vars en lewenskragtig.

16Hulle sal sê:

“Die Here is regverdig.

Hy is my rots.

By Hom is daar geen onreg nie.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help