PSALMS 62 - Nuwe Lewende Vertaling

God is my hoop en redding

1Vir die koorleier: Op die wysie van “Jedutun”. ’n Psalm van Dawid.

2Net by God kan ek rustig wag,

van Hom kom my verlossing.

3Net Hy is my rots

en my redding,

my vesting

waar ek baie stewig staan.

4Hoe lank sal julle

’n mens aanval?

Hulle almal probeer

om my dood te maak.

Ek is reeds soos ’n bouvallige muur,

of ’n vervalle heining.

5Hulle wil my

my ereplek ontneem.

Hulle geniet dit

om leuens te vertel.

Met hulle mond seën hulle my,

maar in hulle harte

vervloek hulle my.

Sela

6Ek wil rustig op God wag,

want van Hom

kom al my hoop.

7Net Hy is my rots

en my redding,

my vesting

waar ek stewig staan.

8God is my redding

en my krag;

God is my sterke rots

en my toevlug.

9Vertrou op Hom te alle tye,

my volk,

stort jou hart uit voor Hom,

want God is ons toevlug.

Sela

10Sekerlik is mense

net ’n asempie,

en die mensdom onbetroubaar.

Op die weegskaal

weeg hulle niks.

Saam is hulle ligter

as ’n windjie.

11Moenie vertrou op afpersing

of valslik trots wees op rowery nie.

En as jou rykdom vermeerder,

moenie dat jou lewe

daarom draai nie.

12God het duidelik gepraat,

ek het dit telkens gehoor:

die mag behoort aan God,

13en ook die trou

behoort aan U, Here.

U beloon elkeen

volgens sy dade.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help