PSALMS 4 - Nuwe Lewende Vertaling

God verskaf reg en bevryding

1Vir die koorleier: ’n Dawidspsalm, met begeleiding van snaarinstrumente.

2Antwoord my wanneer ek roep,

my regverdige God!

U staan my by in my verknorsing.

Wees my genadig

en hoor my gebed.

3O mensdom, hoe lank sal julle

my goeie naam beklad?

Hoe lank sal julle

valse beskuldigings maak?

Hoe lank sal julle leuens najaag?

Sela

4Hiervan kan julle seker wees:

Die Here het besondere genade

aan die getroues bewys.

Die Here sal antwoord

wanneer ek tot Hom roep.

5Moenie sondig

as jy ontsteld is nie.

Oordink dit in die nag

op jou bed

en wees rustig.

Sela

6Bring die voorgeskrewe offers

en vertrou op die Here.

7Baie mense sê:

“Wie sal vir ons

goeie dinge wys?”

Laat u glimlag oor ons skyn,

Here!

8U het vir my

meer vreugde verskaf

as dié met graan en wyn

in oorvloed.

9Ek sal in vrede gaan lê en slaap,

want U alleen, o Here,

laat my veilig woon.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help