PSALMS 75 - Nuwe Lewende Vertaling

God is die regter

1Vir die koorleier: Op die wysie van “Moenie dit vernietig nie”. ’n Asafpsalm. ’n Lied.

2Ons dank U, o God!

Ons dank U, want u Naam

is by ons.

U magtige dade

maak dit bekend.

3“Op die tyd wat Ek bepaal het,

sal Ek met regverdigheid oordeel.

4Die aarde en sy inwoners bewe,

tog vestig Ek hom stewig.

Sela

5“Die hoogmoediges

het Ek gewaarsku:

‘Hou op met julle grootpratery!’

en vir die goddeloses:

‘Moenie julleself verhef nie!

6Moenie jou

teen die hemel verhef,

of aanmatigend praat nie.’”

7Want uit die ooste of weste,

of selfs uit die woestyn,

kom daar geen verheffing nie.

8Maar God is die regter

wat verneder of verhef.

9In sy hand hou die Here

die beker,

gevul met bruisende wyn en kruie.

Hy skink daaruit.

Die goddeloses van die aarde

sal selfs die afsaksels

moet drink.

10Maar ek sal altyd getuig en sing

tot eer van die God van Jakob.

11“Al die krag

van die goddelose

sal Ek afbreek;

maar die krag van die regverdige

sal vermeerder.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help