PSALMS 108 - Nuwe Lewende Vertaling

My vertroue is in U, o God!

1’n Dawidspsalm. ’n Lied.

2Ek vertrou geheel en al op U, o God.

Ek wil sing, ja,

U heelhartig eer.

3Word wakker, harp en lier!

Ek wil die dagbreek

wakker maak!

4Voor die volke wil ek U prys,

Here,

onder die nasies

wil ek u lof besing.

5Want u trou

is hoog bo die hemele,

u waarheid reik

tot in die wolke.

6Wees verhewe

tot bo die hemele, o God,

en laat u heerlikheid erken word

oor die hele aarde.

7Red ons met u krag en help ons

sodat U u geliefde volk

kan red.

8God het dit

by sy heiligheid belowe:

As oorwinnaar

sal Ek Sigem verdeel

en die vallei van Sukkot uitmeet.

9Gilead is Myne,

en Manasse behoort aan My.

Efraim

sal my krygsmanne oplewer,

en Juda my konings.

10Moab

sal my nederige dienaar word

en Edom sal my slaaf wees.

Oor Filistea juig Ek

as oorwinnaar.

11Wie sal my lei

na die versterkte stad?

Wie sal my na Edom toe bring?

12Het U ons verwerp, o God?

Gaan U, o God,

nie saam met ons leërs

opruk nie?

13Help ons tog teen ons vyande,

want menslike hulp

is waardeloos.

14Met God se hulp

sal ons seëvier,

want Hy sal ons vyande vertrap.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help