HOSEA 3 - Nuwe Lewende Vertaling

Hosea se vrou losgekoop

1Toe het die Here vir my gesê: “Gaan haal jou vrou. Bring haar terug na jou toe en bemin haar al het sy ’n verhouding met iemand anders en al pleeg sy owerspel. Want die Here het steeds vir Israel lief al het hulle ander gode verkies en uitsoekgawes aan hulle geoffer.”

2Ek het haar toe gekoop vir vyftien stukke silwer en 100 kilogram gars.

3Toe sê ek vir haar: “Jy moet vir baie dae in my huis bly en nie by ander mans rondslaap nie. In hierdie tyd mag jy met niemand seksuele omgang hê nie, selfs nie met my nie.”

4Net so sal Israel vir ’n lang tyd sonder koning en leiers, sonder offers en aanbiddingsvoorwerpe, sonder efod of selfs afgodsbeelde wees.

5Daarna sal die volk terugkeer na die Here hulle God en na hulle koning, die afstammeling van Dawid. Hulle sal met bewing en ontsag na die Here toe kom. In die laaste dae sal hulle sy goeie gawes ontvang.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help