PSALMS 54 - Nuwe Lewende Vertaling

Geweldenaars soek my lewe

1Vir die koorleier: Met snarespel. ’n Gedig van Dawid,

2met verwysing na die gebeurtenis toe die Siffiete gekom het en vir Saul gesê het: Dawid kruip weg by ons.

3O God, red my

deur die mag van u Naam!

Laat aan my reg geskied

deur u krag.

4O God, luister na my gebed.

Gee aandag aan my smeking.

5Want vreemdelinge val my aan;

geweldenaars soek my lewe.

Hulle steur hulle nie

aan God nie.

Sela

6Maar God is my Helper.

Die Here ondersteun my!

7Laat my vyande

se onheilsplanne

teen hulle draai.

Maak tog ’n einde aan hulle,

want U is getrou.

8Ek sal ’n vrywillige dankoffer

aan U bring.

Ek sal u Naam loof, Here,

want dit is goed.

9Uit al my benoudheid

het U my bevry.

Die triomf oor my vyande

kon ek self sien.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help