JOB 41 - Nuwe Lewende Vertaling

1“Omdat die krokodil

so wreed is,

sal niemand dit waag

om hom wakker te maak nie.

Wie sal dan teenoor My

kan staan?

2Wie wil dan aan My eise stel

dat Ek moet betaal?

Alles onder die hemel

behoort immers aan My.

3“Ek wil nog praat

oor die krokodil se krag

en sy ontsaglike liggaamsbou

en sierlike vorm.

4Wie kan sy vel aftrek?

Wie kan sy dik pantser deurboor?

5Wie waag om sy bek

oop te ruk?

Sy verskriklike tande

maak jou bang!

6Sy skubbe vorm ’n skild

op sy rug, dig aaneengeskakel.

7Hulle is so dig opmekaar;

geen lug kom daardeur nie.

8Hulle sluit so dig opmekaar;

hulle skakel inmekaar

en kan nie geskei word nie.

9As hy nies, flits daar ligte.

Sy oë

is rooi soos die oggendson.

10Vuur kom uit sy bek,

vonke skiet daaruit.

11Rook kom uit sy neusgate

soos stoom

uit ’n kokende pot op ’n vuur.

12Sy asem

steek vure aan die brand.

Vlamme kom uit sy bek.

13Sy nek is baie sterk.

Almal staan verskrik

as hulle hom sien.

14Sy vleis is ferm saamgepak.

Dit is hard,

jy kan dit nie beweeg nie.

15Sy hart is so hard soos klip,

net soos ’n meulsteen.

16Sterkes vlug as hy opstaan,

vervul met vrees wanneer hy

beweeg.

17Geen swaard kan hom stop nie,

nóg spies, nóg pyl

of skerp harpoen.

18Yster is vir hom soos strooi,

en brons

soos hout wat verrot.

19Hy vlug nie vir ’n pyl nie.

Klippe uit ’n slingervel

is vir hom soos strooi.

20’n Knopkierie

doen niks aan hom nie.

Hy lag vir ’n werpspies

wat hom tref.

21Sy pens is bedek met skubbe

so skerp soos glas.

Dit laat ’n spoor

soos ’n dorsslee

in die grond.

22Hy laat die diep water kook

soos in ’n pot.

Hy roer die see soos ’n pot salf.

23Agter hom lê ’n blink streep

op die water.

Die see word wit van die skuim.

24Daar is geen skepsel

so vreesloos soos hy

op die hele aarde nie.

25Hy is ’n trotse skepsel,

die koning van die diere.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help