PSALMS 150 - Nuwe Lewende Vertaling

Loof Hom met musiekinstrumente

1Loof die Here!

Loof God

in sy heiligdom!

Loof Hom

onder sy magtige uitspansel!

2Loof Hom vir sy magtige dade.

Loof Hom

vir sy eindelose grootheid.

3Loof Hom

met die ramshoring.

Loof Hom met lier en harp!

4Loof Hom

met tamboeryn en koordanse.

Loof Hom

met snaarinstrumente

en fluite!

5Loof Hom met die klank

van simbale.

Loof Hom

met galmende simbale.

6Laat alles wat lewe,

die Here loof!

Loof die Here!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help