PSALMS 47 - Nuwe Lewende Vertaling

Prys die Koning

1Vir die koorleier: Van die Koragiete. ’n Psalm.

2Al julle volke, klap julle hande!

Juig voor God

met groot gejubel!

3Want ontsagwekkend

is die Here,

die Allerhoogste,

die groot Koning wat heers

oor die hele aarde.

4Hy onderwerp volke aan ons,

maak mense onderhorig

aan ons.

5Hy het vir ons ’n erfdeel gekies,

die trots van Jakob

wat Hy liefhet.

Sela

6God gaan op met groot gejuig,

die Here gaan op

terwyl die ramshorings blaas.

7Prys God, prys Hom;

prys ons Koning, prys Hom!

8Want God regeer

oor die hele aarde.

Sing vir Hom ’n pryslied!

9God regeer oor die nasies,

God sit op sy heilige troon.

10Die heersers van die volke

vergader saam met die volk

van die God van Abraham.

Die konings van die aarde

behoort aan God.

Hy is hoog verhewe.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help