1Broers en susters, wanneer iemand in die een of ander sonde verval, moet julle wat deur die Gees gelei word, daardie persoon nederig reghelp. Wees baie versigtig dat jy nie ook versoek word nie.
2Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.
3Julle weet dat mense wat baie van hulleself dink, terwyl hulle niks is nie, hulleself bedrieg.
4Daarom moet julle almal eerder julle eie gedrag toets. Dan kan julle op julleself trots wees, sonder om julle met iemand anders te vergelyk.
5Ons weet tog: Almal sal oor hulleself verantwoording moet doen.
6Iemand wat in die woord van God onderrig word, moet dié een wat onderrig gee, in alle goeie dinge laat deel.
7Moenie ’n fout maak nie. God laat nie met Hom spot nie: Wat mense saai, sal hulle ook maai!
8Hulle wat op die land van hulle sondige geaardheid saai, sal op grond daarvan die dood oes, terwyl hulle wat op die land van die Gees saai, op grond daarvan die ewige lewe sal oes.
9Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.
10Terwyl ons die kans het, moet ons dus goeddoen aan alle mense, maar veral aan medegelowiges.
Laaste waarskuwings en groete11 Julle sien aan die groot letters ek skryf nou met my eie hand.
12Al daardie mense wat julle wil dwing om besny te word, vir hulle gaan dit net om uiterlik die regte indruk te maak sodat hulle nie oor die kruis van Christus vervolg word nie.
13Hulle wat besny word, leef self nie werklik volgens die wet nie. Hulle wil julle egter laat besny om met dit wat aan julle liggaam gedoen is, te spog.
14Maar ek – ek wil my op niks anders beroem as die kruis van ons Here Jesus Christus nie. Want daardeur is die wêreld vir my gekruisig, en ek vir die wêreld.
15Dis nie belangrik of iemand besny of nie besny is nie, maar dis belangrik of iemand ’n nuwe mens is.
16Mag God se vrede en ontferming met almal wees wat volgens hierdie beginsel lewe. Húlle is Gód se Israel!
17Verder moet niemand vir my nóg moeite aandoen nie. Ek dra al klaar die littekens van Jesus aan my liggaam.
18Broers en susters, mag die genade van ons Here Jesus Christus met julle gees wees. Amen.
Who We AreWhat We EelieveWhat We Do
2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.